Deel Die Bladsy Op

SUNSET AVONTUURPLAAS

 

Sunset Avontuurplaas

KONTAK BESONDERHEDE 
Kontak Persoon:
Steyn Fourie 
Sel: 083 558 4947
Tel: 022 - 783 2763

WAAR IS ONS

Ry in by Velddrif - oor die brug. Draai links in Voortrekkerweg tot by die T-aansluiting. Draai regs by die T-aansluiting en ry ongeveer 10km tot in Dwarskersbos. Ry deur Dwarskersbos. Ry nog 6.5km verder en draai regs op die grondpad. Ry vir 3km tot oor die treinspoorbrug. Draai skerp links. Volg die pad langs die treinspoor vir 5km - die pad draai na regs. Ry ongeveer 3km tot by Sunset Avontuurplaas se kamp aan linkerkant.

KAMPPLEKKE

Die Sunset Avontuurplaas is sowat 27km vanaf Velddrif - in die rigting van Dwarskersbos.  Die plaas is sowat 480 hektaar met groot statige bome en boed hope pret en plesier vir oud en jonk.  

Daar is 22 kampstaanplekke met elektrisiteit.  Die kampplekke is in 'n groot sirkel om die gemeenskaplike kuierplek uitgesit.  Die gemeenskaplike kuierplek het sy eie toilette en braai area met 'n buite-kombuis en opwasgeriewe.  Die kampterrein is toegerus met 'n groot lapa met braaigeriewe, yskas, mikrogolf, gasstoof, opwasgeriewe en elektrisiteit.  Daar is ook 'n televisie en jacuzzi in die lapa.  Die ablusiegeriewe is netjies met genoegsame warm water.

Sunset Avontuurplaas bied baie aktiwiteite vir oud en jonk aan.  Die hoogtepunt is sekerlik die verskeidenheid quadbike roetes.  Maak gebruik van Sunset Avontuurplaas se quads, of bring gerus jou eie quadbike saam.  Die gidse op die plaas help graag almal om hierdie aktiwiteit te geniet - al het jy nog nooit voorheen quadbike gery nie.

Anker aktiwiteite wat aangebied word is paintball, kleiduif skiet, 4x4 roetes, voëlkyk en boogskiet.

Sunset Avontuurplaas is 'n gewilde kampplek vir kampeerders wat graag wil kom blomme kyk in die blomseisoen.

Bespreek gerus jou volgende kerkkamp, skoolkamp of saamtrek by Sunset Avontuurplaas!! 

 SUNSET VILLAS

KONTAK BESONDERHEDE
Kontak Persoon: 
Steyn Fourie
Sel: 083 558 4947
Tel: 022 - 783 2763
E-Pos Ons Hier


VILLAS

6 Luukse selfsorg eenhede op die strand by Velddrif.  Elke eenheid het 'n 3 ster gradering.  Die eenhede het 2 slaapkamers elk met en-suite badkamers sowel as 'n slaapbank in die leefarea.  Privaat balkon met 'n ingeboude braai en onbelemmerde uitsig oor die see.

Villa 1 is die mees luukse eenheid en is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, jacuzzi en gehalte afwerkings.  

Daar is 'n gemeenskaplike swembad, jacuzzi en gym ook beskikbaar vir gaste.

visserman huisies

KONTAK BESONDERHEDE
Kontak Persoon:
Steyn Fourie
Selfoon Nommer: 083 558 4947
Tel: 022 - 783 2763
HUISIES
2 Vissershuisies beskikbaar op Velddrif.  Die huisies kan tot 6 gaste akkomodeer. Elke huisie is stylvol gemeubileer.  Kom geniet hierdie pragtige visserhuisies en kuier lekker in die klein dorpie. 

E-Winkel

  • gadgetboyz 160x122
  • Motorhome Parasol

Boswa En Ka..

  • Motorhome Dethleffs
  • backbone 250x188
  • bushy 250x188
  • zebra 250x188
  • Motorhome Trailers
  • pretoria oos verhuur 250x188
  • trailer hire 250x188
  • aha 250x188
  • caravan 4 hire 250x188
  • jaguar 250x188
  • Motorhome Used Camper
  • metalian 250x188
  • bantam 250x188
  • Motorhome4x4
  • Klipspringer
  • bushnest 250x188
  • desert explorer 250x188
  • invader add 250x188
  • MotorhomeNew
  • Campworld big-5
  • metalian 4x4

Toerusting

  • nitecore 250x188
  • sa outdoor 250x188
  • gerbers 250x188
  • ekozoom 250x188
  • maas 250x188
  • canopyland 250x188
  • shelf strap 250x188
  • tents direct 250x188
  • MotorhomeFiamma
  • selkbag 250x188
  • lifesaver 250x188
  • swanniebraai
  • ksc 250x188
  • cold factor 250x188
  • vital protection 250x188
  • camping concepts 250x188
  • canvas canopies 250x188
  • Campworld big-5
  • undefined
  • jug 250x188
  • braaimate 250x188
  • perfect caravan linen 250x188jpg

Dienste

  • caravan services 250x188
  • pretoria oos 250x188
  • acd 250x188
  • MotorhomeRentals
  • earthCall
  • easy wheels 250x188
  • Campworld big-5

Tente

  • shadebuddy 250x188
  • alnet 250x188
  • Campworld big-5